1100GS backfire

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lappies R11GS

Pack Dog
Joined
Oct 18, 2011
Messages
214
Reaction score
0
Location
Durbanville, Cape Town
Bike
BMW R1100GS
Hi...hoop julle kan help

Wanneer ek my R1100GS se throttle toemaak nadat ek die bike deur so een of twee ratte hard gery het, backfire hy. Dit gebeur veral wanneer ek vinnig afgear en die throttle "blip" terwyl ek dit doen. Wanneer ek teen 'n konstante spoed ry en/of wanneer ek dit rustig vat, is daar geen teken van backfire nie. Self na 'n onlangse diens (wat 'n throttle body sync en nuwe plugs ingesluit het) is die backfire nog daar. My eerste gedagte was dat die fiets dalk te ryk loop en dat daar dus 'n oormaat petrol is wat die backfire veroorsaak. Ek het al op n paar Europese adventure riding sites gelees dat dit heeltemal normaal is vir die R1100GS om te backfire tydens die voorafgenoemde toestande. Solank dit nie die fiets benadeel nie, pla dit my glad nie. Ander ouens se weer dat daar petrol in die olie kom wanneer 'n bike backfire, wat nie goed is nie.

Wat se julle? Is die backfire maar 'n R1100GS ding...of kan 'n mens dit fix? Is dit nadelig vir die fiets?

sal julle opinies waardeer
 
Top