20k Diens op 1200GS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bonsai

Pack Dog
Joined
Dec 9, 2010
Messages
81
Reaction score
0
Location
PTA North
Bike
BMW R1200GS
Alhoewel hierdie model gebonde is dink ek tog dit is relavant vir almal wat soos ek (omdat ek my waarborg wil behou) hulle fietse by 'n handelaar van die spessefieke fabrikaat laat diens.

My nuwe 2de handse 1200GS het nou 19600km omdat en die waarborg is nog geldig tot volgende jaar Augustus,  is die kool hier die sous werd om my fiets by 'n BMW handelaar te laat diens al het ek die vaardighede om alle meganiese werk aan daai fiets self te doen.

Wat ek egter hier wil deel is die feit dat al doen die handelaar die diens is daar tog manniere om ook 'n groot persentasie geld te spaar. Dit werk so DOEN JOU HUISWERK VROEGTYDIG

1)Kry vooraf by die handelaar (kry sommer by meer as een) 'n kwotasie vir jou diens en vra ook aan vir daardie spesifieke diens se diens    skedule
2) Vergelyk dit wat die skedule aanwys as items wat gedoen moet word teen dit wat die handelaar op jou kwotasie gesit het,
As voorbeeld my fiets se skedule het nie gese die vonkproppe (plugs) moet vervang word nie maar dit was op die kwotasie (R643 vir platinum proppe wat eintlik net nagegaan moet word)
3) As jy iets sien moet nie huiwer om dit te bevraag nie dit is jou geld, die handelaar soek jou geld te maak (Ja daai werkswinkel het 'n "target" vir maand einde en jy is deel daarvan)
4) Items soos olie koop jy nie by die handelaar nie bv. my fiets se voorgeskrewe olie is Castrol GTX 2 en die handelaar wou 5L daarvan gebruik want dit is die volume waarin hy dit aankoop (my fiets het net 4,1l nodig) en sy prys daarvoor was R215.00, daarteen het ek in April by die plaaslik onderdele winkel Castrol Magnatec gekoop (wat 'n beter sesifikasie het) vir R163.00 vir 5L, dit is nie 'n moet dat jy die handelaar se olie gebruik nie, dis net 'n moet dat jy die regte olie gebruik, koop dus jou olie as dit op spesiale aanbod is by Midas of Auto Zone is en gee dit vir die handelaar om te gebruik die dag as jy laat diens.
5) Dan is daar items (en hier het ek nie die olie se spesifikasie geken nie) soos die finale aandrywing waar die olie glo R163.00/500ml kos maar hulle gebruiknet 150ml sorg dat jy dit 350ml terug kry vir volgende twee keer se diens.

Deur die paar paar simpel reels toe te pas het die oorspronklike kwotasie van R2843.00 vir my diens gesak na R1753.00 wat ek betaal het.

Jou houding moet wees die handelaar gaan net kry wat regmatig syne is en nie 'n sent ekstra nie. Onthou elke onderdeel wat die handelaar aan jou smous al is dit deel van 'n diens item het 'n persentasie wins by vir die handelaar so dit wat jy self kan bekom wat aan die fabrikaat se vereistes voldoen teen 'n beter prys is jou voordeel.
 
Top