'n Vriend van my sukkel met die 660 Tenere wat in 'n kort tyd reeds die derde keer sy ketting afgegooi het. Die fiets is elke keer terug na Droomers vir herstelwerk, nuwe ketting en Sprocket. Na die nuwe ketting is die fiets teruggeneem om die ketting wat gerek het styf te stel. Na minder as 2000km, weer af met skade aan die fiets. Is dit algemene probleem of wat kan die slimkoppe dink is verkeerd. Help voor die fiets brandgesteek word deur 'n kort humeur.