Afrikaans singer saved by ATGATT - Afrikaans news story

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Die Rooi Baron

Pack Dog
Joined
Sep 7, 2006
Messages
156
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Zundapp (all models)
Roets tree op ondanks motorfietsongeluk - https://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2309224,00.html
Apr 20 2008 08:41:08:147PM  - (SA)   

Ina Opperman

The show must go on â?? selfs â??n motorfietsongeluk het die sanger Mathys Roets (41) nie van die mikrofoon weggehou nie.

Roets vertel hy het Donderdagaand in Standerton opgetree en was Vrydag omtrent 13:00 via Parys toe op pad na Potchefstroom. Hy wou op Parys middagete gaan eet, maar het nooit daar uitgekom nie.

â??In Sasolburg, langs â??n plakkerskamp, was daar so â??n slap indraai waar iemand sommer doodstil reg voor my gestop het en ek het in hom vasgery. Ek het net die agterste venster gesien en â??n duikrol gemaak en skuins bo-oor die motor getrek.

â??Ek het op my linkerskouer geland en dit nogal erg beseer. Volgens die dokter is al die ligamente wat my sleutelbeen aan my skouer heg, afgeskeur en dit sal in â??n operasie geheg moet word. Gelukkig is dit nie dringend nie, want ek is baie besig,â? het hy gister uit die bed uit vertel.

Of hy gaan tyd kry vir die operasie, is â??n ander storie vir â??n ander dag, sê hy.

Roets ag homself gelukkig dat hy nie seerder gekry het nie, maar skryf dit toe aan die beskermende klere wat hy aangehad het â?? hy sê dit het nie eens â??n merkie aan nie.

Net sy valhelm het krapmerke op.


â??Aangesien die ongeluk langs â??n plakkerskamp gebeur het, het ek nogal blootgestel gevoel, veral toe daar â??n klein skare begin vorm het, maar gelukkig was dit almal mense wat net wou hoor hoe hulle kan help.

â??Daar het ook â??n man en vrou stilgehou wat vir my water gegee het. Ek het nie eens hul name gevra nie, maar die vrou se naam is Karin. Vir hulle wil ek bedank saam met Andre van Helsdingen van Twin Boats & Trailers in Vereeniging. Ek het hulle gebel en hulle het dadelik my fiets met â??n bakkie kom haal.â?

Die skade aan sy fiets is nog nie bekend nie, maar Roets sê sy BMW-speelding is erg beskadig.

Nadat hy by die hospitaal was, het hy probeer om iemand te kry om in sy plek op te tree, maar kon niemand kry nie. â??Gelukkig is dit my linkerarm wat seergekry het en as ek dit eers gelig gekry het, kon ek darem die akkoorde druk.â?

 
Top