Army rugsak i.p.v. panniers

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Swannie 685

Pack Dog
Joined
Aug 1, 2014
Messages
468
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
Met my onlangse trippie na Pretoria was daar nie die tyd (of ekstra geld) om nog panniers ook aan my bike te sit nie,en die topboks wat ek het was te klein vir als wat ek wou (moes) saamneem.

Ek het toe twee opsies gehad.
1) Gebruik die Army balsak of
2) gebruik die A-Frame Army rugsak wat ek ook het.

Ek het die tweede opsie gekies,wat absoluut puik gewerk het.  :thumleft:

Omdat ek nie sideracks op die bike het nie,was ek bang die rugsak sal weerskante van die bike hang en dan die plastiek teen die uitlaatpyp druk en daarom het ek besluit om die A-Frame in die rugsak te hou.

Glo my, daai rugsak was vol geprop met slaapsak,reënklere, Army seiltjie,2 stelle skoon klere ens.ens.

Die 4 kompartemente aan die kante van die rugsak was baie handig sodat ek nie nodig gehad het om die rugsak oop te maak wanneer ek klein goedjies benodig het nie. Die rugsak self is ook in 2 kompartemente verdeel met `n zip in die onderste deel.

Dit het ook net 2 rokstraps gevat om rugsak veilig vas te bind.

Ek sluit `n foto in sodat julle kan sien dit het darem nie te common gelyk nie.( Wel, ek dink nie so nie)

Die gloeiwurmbaadjie hoort natuurlik nie op die foto/bike nie.
 

Attachments

  • My Bike in Pretoria 18 Nov 2014 (b).jpg
    My Bike in Pretoria 18 Nov 2014 (b).jpg
    42.2 KB · Views: 620
Top