Asemskep in Anysberg - 'n bakkie trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,730
Reaction score
489
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
'n Mens moenie korter ry as wat dit geneem het om te pak nie. En 'n kampstoel sal lekker wees. Plus ek wil my groot kamera en 'n verkyker inpak. Ys en 'n koue bier klink ook nie sleg nie.

Met 'n paar dae verlof op hande, en 'n bedrywige paar maande by die werk, kan ek voel my breekpunt moet nou met 'n wegbreek gepypkan word. Bietjie uit die plek uit kom. Bike of bakkie maak nie saak nie, maar gegewe my eerste standpunt word die getroue skopfiets die keer vir die bakkie verruil. Ek het al heelwat kere deur die Anysberg Reservaat gery en elke keer wou ek bietjie vertoef by die eenvoudige, maar netjiese kampplek - so waarom nie nou nie? So gesê so gedaan en ek gooi 'n matras en 'n koelboks agter in die Hilux.

Padkos. Vir oulaas 'n bietjie suiwel en fyngebak.

20230809_131315.jpg
 
Top