Battery lewensdurasie verlenging ??

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duracell

Race Dog
Joined
Jul 14, 2009
Messages
908
Reaction score
0
Location
Lichtenburg
Bike
BMW R1200GS
Ek het so 'n paar maande gelede 'n Suzuki 800cc Boulevard vir my vrou gekoop (Dit is amper die enigste tipe motorfiets waarmee sy haar voete op die grond kan kry). Die fiets staan meer as wat hy gery word. So af en toe, ongeveer 1 keer per week of soms 2 weke, ry ek met die fiets werk toe vir 'n dag. Dit is egter maar sowat 16km vir die dag.

'n Kollega vra hoekom ek soms met die fiets ry. Ek antwoord dat my vrou sukkel nog om haar leerlinglisensie te kry en met die kinders by is dit maar moeilik vir haar om gereeld te ry. Ek ry nou maar soms om die battery te laai en sodat hy nie afloop nie. Die persoon vertel toe vir my dat ek net 'n rubber matjie (bv. soos die karmatjies wat die blokkies het) onder die sidestand moet sit. Dit issoleer dan die fiets vanaf die sement en die battery sal nie afloop nie. Volgens hom is daar altyd 'n elektriese stroom wat vloei solank as wat die battery gekoppel is. Die sidestand wat op die grond/sement staan dien dan as 'n aard-/grondkonneksie (Earth) wat veroorsaak dat 'n bietjie stroom dus verlore gaan. As ek dit reg verstaan is dit volgens hom wat veroorsaak dat 'n battery afloop as die motorfiets lank staan. 

Ek is nie baie op hoogte van elektriese aangeleenthede nie. Ek het dit toe ook met JoGSA bespreek en ons het gepraat dat ek dit hier aan die ander WD's met meerdere kennis en ervaring moet vertel. My vraag is dus nou aan julle... Is dit regtig so dat deur 'n rubbermatjies onder die sidestand te plaas, die battery se lewensduur verleng kan word, oof is dit net 'n bygeloof?  :thumleft:
 
Top