Baviaanskloof met Flatout en gwild dié Afrikaanse weergawe.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Almal is lus vir ry maar algemene omstandighede soos finansies, kwaai vrouens en nog vele meer steek dié tyd van die jaar ’n stok in baie ouens se wiele. Ek waag dit om drie voorstelle op “ Planning a Ride” te maak en onmiddellik kry die Baviaans een die meeste reaksie. My motorfiets maak snaakse elektriese geluide wat klink soos ’n motor wat spin, maar ek besluit om die kans te vat, veral as dit een keer in ’n jaar kom.
En so begin een van die lekkerste ritte wat ek al gehad het.
Hier sit ek en gwild voor my huis in die gereedhouding, reg om weg te spring.

20131227_063733_zpsd0bb3515.jpg


Tussen Rooinekke en Witnekke staan en brabbel ek en gwild want watter taal is nou daar die mees van paste een? Ons wag eintlik vir vriend Berty wat hom heeltemal met ons flatout ry-styl misgis het en nou totaal en al laat is.......Ai! Ons besluit dat ons goeie geselskap vir mekaar is en vlieg daar weg in die rigting van Seweweekspoort en natuurlik sonder Berty wat nou op ’n solo rit is.

100_5007_zpse0c04e49.jpg


Nadat ons met ’n mooi pad al langs die berge af gery het kom ons by die afdraai na die Gamkaspoortdam asook die begin van die indrukwekkende Seweweekspoort.

100_5009_zps58da297b.jpg


100_5010_zps8dcdb487.jpg


100_5011_zps5612d6ef.jpg


100_5013_zpsc5804186.jpg


100_5014_zps0f23a53b.jpg


100_5015_zpsb1e0bb18.jpg


100_5016_zpsc637eb16.jpg


Ses en dertig jaar gelede het Basie von Solms, vandag ’n Professor in IT, vir my gevra om vir hom ’n skildery te maak vanaf ’n poskaart. Ek het toe glad nie geweet waar die plek was nie en maar die prent geverf. Groot was my verbasing toe ek jare later skielik in my skildery in ry. Die eerste foto is van die poskaart, dan ’n swak Polaroid foto van die skildery gevolg deur my eie foto wat nou geneem is.

Scannedat2013-12-3107-59AM_zps9eae1619.jpg


Scannedat2013-12-3107-52AM_zps8e20d74d.jpg


100_5018_zps3349fa6a.jpg


Nou ry ons teerpad Oudtshoorn toe, maar dis lekker want ons ry nie elke dag in die kontrei nie. Dis opvallend in Calitzdorp en Oudtshoorn hoeveel besighede toegemaak het. By laasgenoemde koop ons lekker olierige Kentucky vir die gewrigte. Ons eet dit onder ’n ry boompies op pad De Rust toe waar onder ’n verkeerskonstabel lekker sit en slaap met sy motor se neus draad toe. Daar is ’n vuilgoeddrom maar die plek is bemors deur ape wat ook mobiel is en Kentucky kan bekostig. Toe is dit deur Meiringspoort wat ook iets besonders is, veral vir my wat min hier kom.

100_5019_zps03d78dcc.jpg


100_5020_zpsc8ba3941.jpg


100_5021_zps85453769.jpg


100_5022_zps9e94b48b.jpg


Net buite die poort , by Klaarstroom, draai ons af op die grondpad na Willowmore. Die pad is in ’n goeie kondisie maar het ’n hele paar bedrieglike driffies. Al twee van ons bokspring by tye heel uit beheer rond, op een slag ry ek teen hoë spoed net op my voorwiel heeltemal in die verkeerde rigting. By ’n ander geleentheid beland ek bo-op my bagasie. Met ons kwota van genade van bo haal ons darem uiteindelik vir Willowmore waar ons voorrade aanvul en vertrek in die rigting van Baviaanskloof. Daar is oral donderstorms om ons en ek voel soos ’n “ Storm Chaser” terwyl ons reg in die rigting van een ry wat reën dat die stof so staan.

100_5023_zpsf3d132c8.jpg


100_5025_zps3f0f74a0.jpg



By Doringkloof aan gekom slaan ons onmiddellik tente op en kry ’n paar koue biere in die hande. Daar het heelwat uitbreidings  plaasgevind en die drie broers is almal baie gasvry.

100_5029_zps896712c4.jpg


100_5030_zps24d50545.jpg


100_5032_zpsad68aa26.jpg


100_5034_zpsf2c7e586.jpg


100_5035_zpsb73553e6.jpg



Ons is nog besig om af te pak toe kom die eerste barmhartige Samaritaan al vir homself voorstel en bied sommer aan om te help. Hier is Jan en sy oulike dogters, Riani,Janien en Lezanne besig om my matras op te blaas. Vriendelike mense al die pad van Die Transvaal af.

100_5031_zps33e552c9.jpg


Die volgende oggend staan ons 05:00 op om voor die ander op die pad te wees. Dis nog steeds bewolk maar doodstil. Ons ry lekker sonder verkeer tot anderkant Smitskraal. Die plek is ongelooflik mooi en ons stop so baie dat dit vier uur neem om deur die reservaat te ry. Die foto’s  sal hopelik vertel wat ek bedoel. Omdat niemand nog na die nag deur die water gery het nie ,is die klippe by Smitskraal seepglad van alge wat daar op groei en trap ons al twee ’n paar keer lekker diep in die water.

100_5036_zpse512587d.jpg


100_5037_zps48230679.jpg


100_5038_zps93a91e7c.jpg


100_5039_zps666f2cf7.jpg


100_5040_zps2b4de627.jpg


100_5041_zps7961534a.jpg


100_5042_zpsfb6cc70a.jpg


100_5044_zpsf646dbb7.jpg


100_5046_zpse2e2a125.jpg


100_5048_zpsba528570.jpg


100_5051_zps723f5b71.jpg


100_5054_zps6e2a29fd.jpg


100_5055_zps0ed2029f.jpg


100_5057_zps51ff30d9.jpg


100_5058_zps4f3758a2.jpg


100_5061_zpsa100ad1d.jpg


100_5062_zps5bd9b15f.jpg


Anderkant uit stop ons in Kwagga by ’n Restaurant vir ontbyt. Maak vol in Patensie en toe is dit deur die Langkloof terug Uniondale se kant toe. Uniondale is ’n juweel daar tussen die koppe, veral as jy vroeër deur plekke soos Hankey en Kareedouw is. Die ou Klipkerk het in 1908  ’n Toring by gekry.

100_5064_zpsa88b1235.jpg


Tussen Uniondale en De Rust kry mens dié treffende berg wat lyk of hy eerder by Golden Gate se wêreld moes gewees het.

100_5065_zps6fe2a8fb.jpg


Hierna ry ons met ’n grondpad  vanaf De Rust tot by die Kangogrotte en toe met die Kruisrivierpad tot in Calitzdorp.

100_5066_zpsa7d5537e.jpg


100_5067_zpsb9bad2fc.jpg


100_5068_zps00ef3318.jpg


By Koedoeskloof aangekom is dit alreeds 18:00 en almal lyk in rep en roer, veral die manne om die braai! Ek en gwild slaan vinnig tent op en gaan was ’n slag. Veldbrand, Debbie en die ander trawante is baie gasvry en kort voor lank is ons deel van die lot.

100_5071_zps0fa92037.jpg


100_5073_zps239e9c89.jpg


100_5076_zps52fe4240.jpg


Hier staan Carrots, Gevaarlik en Cocky. Voorwaar karaktervolle manne.

100_5078_zpsc4ac93b3.jpg


Stofdonkie en Country Girl die gelukkige paartjie wat elkeen sy/haar eie BMW ry.

100_5079_zpsd85ce172.jpg


Dis Louisphoto wat so ernstig sit en boeklees die volgende oggend.

100_5070_zps5151c191.jpg


Toe is dit deur die Karoo Montague toe. Hier lyk dit amper asof gwild ’n “flat track racer” is. Al wat moet weg is die side stand en dan kort die prent so ’n bietjie stof.

100_5080_zpsbdd6be90.jpg


100_5081_zpsb30e9014.jpg



Verder aan stop ons op ’n laagwater-bruggie waar ’n klomp blink-vet koeie wei. Toe ek deur een van die waterpype kyk is ek net betyds om te sien hoe gwild se Trol alter-ego aan die ander kant uitspring.

100_5086_zpse45528cb.jpg


100_5088_zps51970cfb.jpg


100_5090_zpsc35d0c4b.jpg


100_5091_zps6593a6e2.jpg


Hierdie bokke spring reg voor my in die pad toe ek juis te vinnig sit en ry. Ek skrik myself eers heel besimpeld voordat ek tot my sinne kom en ’n foto neem. As gevolg van die grensdrade het dit lank gevat voordat ons hulle weer in ’n drif kon verloor en aanry.

100_5096_zps29b7720c.jpg

By Oom Jan se sex shop verskaf ’n groot Bloekomboom heerlike koelte en ons vertoef ’n paar minute in sy skadu.

100_5102_zpsb71d1010.jpg


100_5103_zpsa051a481.jpg


100_5104_zps647635b2.jpg


100_5105_zps51bc03b7.jpg


Toe is dit Oubergpas af Montague toe. Die botterbome staan pienk in die blom op plekke.

100_5106_zps6392aa28.jpg


100_5107_zpsf69dd243.jpg


100_5109_zpsc1b53c5c.jpg


Ons ry na Robertson met die Eilandia pad Villiersdorp toe. Hier na is dit die gewilde Franshoekpas se beurt en toe is dit vinnig huis toe.

100_5110_zpsad68cef7.jpg


100_5111_zps864db173.jpg


Gavin my vriend dit was ’n voorreg om jou op dié rit te hê as maat. Ek is oud genoeg om jou pa te kon wees  maar dit het nooit so gevoel nie. Saam het ons twee ’n ervaring gehad wat onbeskryflik was en iets is wat ons vir die res van ons lewens kan koester. Ek sal altyd met ’n glimlag van genoegdoening terug dink aan ons avontuurlike drie dae in van die mooiste plekke op aarde. Hoop ons kry weer ’n geleentheid om iets soortgelyks te doen.

Ten slotte ’n bietjie algemene inligting:
- Die  bakkies en Jeeps het almal versigtig gery en uit hulle pad gegaan om ons te laat verby kom.
- Die eienaars van Doringkloof asook Koedoeskloof is dit eens dat die Wilddogs hulle mees gewaardeerde kliënte is. Dis ’n pluimpie vir ons almal!
- Die hele roete was net mooi 1600km.
- Uitgawes het soos volg gelyk:     Petrol R826.09
                                        Akkomodasie en kos R636.25
                                              Maw ’n totaal van net R 1462.34
-Die Transalp maak nog steeds die geluid en het gemiddeld 20.5km/lt gekry.
-Die 650 Dakar se verbruik was ongeveer 22km/lt.

DIE EINDE
 









 
Top