Flatout
Race Dog
Almal is lus vir ry maar algemene omstandighede soos finansies, kwaai vrouens en nog vele meer steek dié tyd van die jaar ’n stok in baie ouens se wiele. Ek waag dit om drie voorstelle op “ Planning a Ride” te maak en onmiddellik kry die Baviaans een die meeste reaksie. My motorfiets maak snaakse elektriese geluide wat klink soos ’n motor wat spin, maar ek besluit om die kans te vat, veral as dit een keer in ’n jaar kom.
En so begin een van die lekkerste ritte wat ek al gehad het.
Hier sit ek en gwild voor my huis in die gereedhouding, reg om weg te spring.
Tussen Rooinekke en Witnekke staan en brabbel ek en gwild want watter taal is nou daar die mees van paste een? Ons wag eintlik vir vriend Berty wat hom heeltemal met ons flatout ry-styl misgis het en nou totaal en al laat is.......Ai! Ons besluit dat ons goeie geselskap vir mekaar is en vlieg daar weg in die rigting van Seweweekspoort en natuurlik sonder Berty wat nou op ’n solo rit is.
Nadat ons met ’n mooi pad al langs die berge af gery het kom ons by die afdraai na die Gamkaspoortdam asook die begin van die indrukwekkende Seweweekspoort.
Ses en dertig jaar gelede het Basie von Solms, vandag ’n Professor in IT, vir my gevra om vir hom ’n skildery te maak vanaf ’n poskaart. Ek het toe glad nie geweet waar die plek was nie en maar die prent geverf. Groot was my verbasing toe ek jare later skielik in my skildery in ry. Die eerste foto is van die poskaart, dan ’n swak Polaroid foto van die skildery gevolg deur my eie foto wat nou geneem is.
Nou ry ons teerpad Oudtshoorn toe, maar dis lekker want ons ry nie elke dag in die kontrei nie. Dis opvallend in Calitzdorp en Oudtshoorn hoeveel besighede toegemaak het. By laasgenoemde koop ons lekker olierige Kentucky vir die gewrigte. Ons eet dit onder ’n ry boompies op pad De Rust toe waar onder ’n verkeerskonstabel lekker sit en slaap met sy motor se neus draad toe. Daar is ’n vuilgoeddrom maar die plek is bemors deur ape wat ook mobiel is en Kentucky kan bekostig. Toe is dit deur Meiringspoort wat ook iets besonders is, veral vir my wat min hier kom.
Net buite die poort , by Klaarstroom, draai ons af op die grondpad na Willowmore. Die pad is in ’n goeie kondisie maar het ’n hele paar bedrieglike driffies. Al twee van ons bokspring by tye heel uit beheer rond, op een slag ry ek teen hoë spoed net op my voorwiel heeltemal in die verkeerde rigting. By ’n ander geleentheid beland ek bo-op my bagasie. Met ons kwota van genade van bo haal ons darem uiteindelik vir Willowmore waar ons voorrade aanvul en vertrek in die rigting van Baviaanskloof. Daar is oral donderstorms om ons en ek voel soos ’n “ Storm Chaser” terwyl ons reg in die rigting van een ry wat reën dat die stof so staan.
By Doringkloof aan gekom slaan ons onmiddellik tente op en kry ’n paar koue biere in die hande. Daar het heelwat uitbreidings plaasgevind en die drie broers is almal baie gasvry.
Ons is nog besig om af te pak toe kom die eerste barmhartige Samaritaan al vir homself voorstel en bied sommer aan om te help. Hier is Jan en sy oulike dogters, Riani,Janien en Lezanne besig om my matras op te blaas. Vriendelike mense al die pad van Die Transvaal af.
Die volgende oggend staan ons 05:00 op om voor die ander op die pad te wees. Dis nog steeds bewolk maar doodstil. Ons ry lekker sonder verkeer tot anderkant Smitskraal. Die plek is ongelooflik mooi en ons stop so baie dat dit vier uur neem om deur die reservaat te ry. Die foto’s sal hopelik vertel wat ek bedoel. Omdat niemand nog na die nag deur die water gery het nie ,is die klippe by Smitskraal seepglad van alge wat daar op groei en trap ons al twee ’n paar keer lekker diep in die water.
Anderkant uit stop ons in Kwagga by ’n Restaurant vir ontbyt. Maak vol in Patensie en toe is dit deur die Langkloof terug Uniondale se kant toe. Uniondale is ’n juweel daar tussen die koppe, veral as jy vroeër deur plekke soos Hankey en Kareedouw is. Die ou Klipkerk het in 1908 ’n Toring by gekry.
Tussen Uniondale en De Rust kry mens dié treffende berg wat lyk of hy eerder by Golden Gate se wêreld moes gewees het.
Hierna ry ons met ’n grondpad vanaf De Rust tot by die Kangogrotte en toe met die Kruisrivierpad tot in Calitzdorp.
By Koedoeskloof aangekom is dit alreeds 18:00 en almal lyk in rep en roer, veral die manne om die braai! Ek en gwild slaan vinnig tent op en gaan was ’n slag. Veldbrand, Debbie en die ander trawante is baie gasvry en kort voor lank is ons deel van die lot.
Hier staan Carrots, Gevaarlik en Cocky. Voorwaar karaktervolle manne.
Stofdonkie en Country Girl die gelukkige paartjie wat elkeen sy/haar eie BMW ry.
Dis Louisphoto wat so ernstig sit en boeklees die volgende oggend.
Toe is dit deur die Karoo Montague toe. Hier lyk dit amper asof gwild ’n “flat track racer” is. Al wat moet weg is die side stand en dan kort die prent so ’n bietjie stof.
Verder aan stop ons op ’n laagwater-bruggie waar ’n klomp blink-vet koeie wei. Toe ek deur een van die waterpype kyk is ek net betyds om te sien hoe gwild se Trol alter-ego aan die ander kant uitspring.
Hierdie bokke spring reg voor my in die pad toe ek juis te vinnig sit en ry. Ek skrik myself eers heel besimpeld voordat ek tot my sinne kom en ’n foto neem. As gevolg van die grensdrade het dit lank gevat voordat ons hulle weer in ’n drif kon verloor en aanry.
By Oom Jan se sex shop verskaf ’n groot Bloekomboom heerlike koelte en ons vertoef ’n paar minute in sy skadu.
Toe is dit Oubergpas af Montague toe. Die botterbome staan pienk in die blom op plekke.
Ons ry na Robertson met die Eilandia pad Villiersdorp toe. Hier na is dit die gewilde Franshoekpas se beurt en toe is dit vinnig huis toe.
Gavin my vriend dit was ’n voorreg om jou op dié rit te hê as maat. Ek is oud genoeg om jou pa te kon wees maar dit het nooit so gevoel nie. Saam het ons twee ’n ervaring gehad wat onbeskryflik was en iets is wat ons vir die res van ons lewens kan koester. Ek sal altyd met ’n glimlag van genoegdoening terug dink aan ons avontuurlike drie dae in van die mooiste plekke op aarde. Hoop ons kry weer ’n geleentheid om iets soortgelyks te doen.
Ten slotte ’n bietjie algemene inligting:
- Die bakkies en Jeeps het almal versigtig gery en uit hulle pad gegaan om ons te laat verby kom.
- Die eienaars van Doringkloof asook Koedoeskloof is dit eens dat die Wilddogs hulle mees gewaardeerde kliënte is. Dis ’n pluimpie vir ons almal!
- Die hele roete was net mooi 1600km.
- Uitgawes het soos volg gelyk: Petrol R826.09
Akkomodasie en kos R636.25
Maw ’n totaal van net R 1462.34
-Die Transalp maak nog steeds die geluid en het gemiddeld 20.5km/lt gekry.
-Die 650 Dakar se verbruik was ongeveer 22km/lt.
DIE EINDE