Grasshopper
Pack Dog
- Joined
- Sep 6, 2014
- Messages
- 294
- Reaction score
- 0
- Bike
- Yamaha XT 660 Z
Ek het al male sonder tal, op die forum, gelees hoe sleg BMW motorfietse is en gewonder waarom mense hul geld mors om die goed te koop.
Ek het nog nooit n BMW besit nie, maar mens begin later n storie glo indien jy dit oor en oor hoor!!!
Nou ja, n vriend van my was "dom" genoeg om so 6 maande gelede vir hom n BMW LC te koop.
Vanoggend vat ek die "slegte" bike vir n spin vanaf Kaapstad na Houtbaai, vlieg oor Constantia nek tot by Pinelands.
WOW, WOW en nog n klomp WOW's.
Die stuk "gemors" hanteer soos n droom, hy is ongelooflik goed gebalanseerd, sy remme werk briljant, geen probleem om skerp draai met spoed te attack nie, sitplek vrek gemaklik en sy voel so lig soos n veer.
Ek dink dat die ouens wat BMW afkraak moontlik aan n selfbeeld probleem ly.
Ek begin nou te verstaan waarom mens geld op BMW "mors"... :laughing4: