Cheapy trippie in PE se rigting vanaf Helderberg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Beastrider

Puppy
Joined
Jul 31, 2014
Messages
42
Reaction score
2
Bike
Buell Ulysses XB12
Ek brand vir n 3 tot 6 dag trippie langs Ooskus op. Suiwer omdat dit die koelste moontlike temprature vir die tyd van die jaar sal wees. So naby see hou as moontlik om daai rede. Daar is redelik baie grond wat gery kan word. Wil dit redelik rof doen met slaapsak (sonder tent) en sommer langs die see slaap as ek kan. Of op n stoep van n bar. Polisieselle ook n opsie as dit dalk reen...Ek ry die trip met n 800GS. Wil koste so laag moontlik hou aangesien swambo my sakgeld spandeer het op skoene en lipstick. So al die armgatte soos ek is welkom.

Roete is absoluut oop vir bespreking. Datums ook. Gedink so rondom 16 Nov??

Ek roep sommer n braai bymekaar as daar belangstelling is.
 
Top