Copper caught speeding

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Biza

Race Dog
Joined
Jul 3, 2009
Messages
2,294
Reaction score
1
Location
Gauteng
Bike
BMW R1200GS Adventure
So the coppers also wants to open up a little while off duty . . . . pity it is a slow bike! :mwink:

Padvalk in hof wat glo 192 km/h jaag
2012-04-10 23:00

Mnr. Arthur William King, wat glo die naweek met sy motorfiets teen 192?km/h op die N4 gery het, buite die Pretoria-Noord-landdroshof. Foto: Lisa Hnatowicz
Hanti Otto
’n Metropolisielid wat Sondag gevang is nadat hy sy motorfiets glo op die N4-hoofweg tot by 192 km/h laat brul het, het gister vlugtig in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Mnr. Arthur William King was nie aan diens toe hy luidens die klagstaat roekeloos of nalatig op die pad net buite Pretoria gery het nie. Die alternatiewe klag is dat hy die algemene spoedperk van 120 km/h oorskry het.

Die polisie het King ná sy arrestasie op borgtog van R1 500 vrygelaat en gewaarsku om gister in die hof te verskyn.

Hy het egter ook luidens ’n kwitansie in sy besit ’n skulderkenningsboete van dieselfde bedrag betaal.

Me. Adel Hamman, staatsaanklaer, het aan die hof gesê die staat het ’n navraag daaroor aan die betrokke polisiekantoor gerig.

“Daar is nie ’n inskrywing van ’n R1 500-skulderkenningsboete wat by die stasie betaal is nie, maar wel van die borgtoggeld. Dit blyk dat die borgtogkwitansie op ’n skulderkenningskwitansie aangebring is.”

Die saak is tot later vandeesmaand uitgestel sodat die staat die verwarring oor die kwitansies kan oplos en sodat King ’n prokureur kan aanstel.

 
Top