Dagse almal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Aug 26, 2011
Messages
2
Reaction score
0
Bike
BMW R1150GS Adventure
Ek is nuut op die forum.Alhoewel ek al n ruk gelede aangesluit het.Ek is n onderwyser in Oos Londen en ry n 2004 1150 GS Adventure.Ek ry al van 1978 af bikes. Begin met n Suzuki AC 50,Suzuki gs550, Suzuki Katana 750,Honda CB900F2,Yamaha FZR750.

Besluit toe om in 2001 oor te slaan na die BMW stal. Koop n lieflike R 80 GS Kalahari en ry hom vir n paar jaar voordat hy groet.n Ou van Kenia kom koop hom by my en hy en sy vrou "overland"hom toe terug Kenia toe via Namibie, Botswana, Malawi. Moes great gewees het.

Ek geniet die Adventure baie en my vrou ry gereeld saam."Silver" het nou 41000km op die klok.n Ruk gelede het n "tannie" my van my Bergfiets afgery en nou sukkel ek met n knie,  na n operasie. Ek oorweeg om "Silver" te verkoop en in n 800 gs te bele, aangesien ek maar n redelike kortgat is en die 800,soos Hein Kumm sal se, meer my fighting weight is.

Sal graag van members wil hoor hoe hulle voel oor hulle 800 BM"s.

 
Top