Derrick van Country Trax, baie dankie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tp007

Pack Dog
Joined
Jan 1, 2013
Messages
437
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS Adventure
Gister Het ons van Oudshoorn na jhb terug begin ry. So 2km voor Aberdeen ry een van die bikes in ons groep (R1150R) 'n baksteen raak en buig die rim. Hy gaan staan toe seker so 1km butte die dorp.

Ek ry toe dorp in en Koop rubber hamer om rim Terug te oortuig. By betaalpunt staan Derrick langs my en vra uit wag gebeur het. Vertel toe situasie en dadelik bied hy aan om te help en gee my sy kaartjie as ons nie regkom nie.

Terug buite die dorp sien ons toe dat die rim geskeur het, en bel Derrick. Hy was binne 5 min daar met bike trailer en het toe ook sommer die ryer besorg sodat ons aan kon gaan met ons toer.

Derrick, baie dankie. Jy het uitgehelp in nood en ons waardeer opreg. :thumleft:
 
Top