Die BITTER in jou yskoue bier!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Buks

Race Dog
Joined
May 7, 2011
Messages
1,394
Reaction score
1
Location
George
:bar: :bar: :bar:
Al ooit gewonder waar kom jou koue bier se besondere smaak vandaan?
Wel al die bier wat in SA gebrou word se smaak kom vanaf "Een Plek": Waboomskraal se Hops !!! Blykbaar is die klimaat en relatief lang daglig-ure die rede vir hierdie klein valleitjie se unieke Hops-ekonomie! (Hops benodig baie lig!) Die daglig word vir 'n gedeelte van die nag met "helse ligte" aangevul, maar die variëteite is al so verbeter, dat die kunsmatige lig nie meer so nodig is nie. Al die Hops behoort aan SAB, maar dit word onder kontrak op 'n paar klein plasies in hierdie vallei gegroei, asook op SAB se eie grond hier. Man, en kan sommige van hierdie "Hops-boere" bedonnerd en moeilik wees!!! >:D
Die Hops is 'n klein ronde vruggie, en die hoeveelheid per bier word in milligram gemeet!!
O ja, en Waboomskraal is so 20km Noordwes vanaf George - net oor die Outeniqua Pas op linkerkant.
'n Lekker uitstappie per bike vanaf George so oor die Montagu Pas,en dan om na Wabooms en dan oor die Outeniqua terug...
Geniet julle koue biertjie!!  :thumleft:
 

Attachments

  • MontaguPass.jpg
    MontaguPass.jpg
    396.3 KB · Views: 275
  • Hops2.jpg
    Hops2.jpg
    400.6 KB · Views: 267
  • Hops3.jpg
    Hops3.jpg
    398.7 KB · Views: 270
  • WaboomskraalValley.jpg
    WaboomskraalValley.jpg
    346.5 KB · Views: 272
  • Outeniquas.jpg
    Outeniquas.jpg
    320 KB · Views: 270
  • Hops5.jpg
    Hops5.jpg
    320.7 KB · Views: 256
Top