Die Saterdag van die Anvil Bash is ons deur Calvinia toe vir 'n vinnige informele Skaapkop gilde ete.
Om te gaan kop eet natuurlik.
Mof was gaaf genoeg om te reel dat die stalletjie vir ons 9 koppe te laat uithou. (lyk die ander honne wat daar kop gaan vra het is weggestuur).
Jammer manne en dames.
As Mof sy pad van en na die Anvil Bash beter gekies het, was ons dalk gouer op Calvinia, maar soos dit uitwerk het die uwe ge-tiep en sy 'airhose' uitgehaak, stoetie het papwiel gekry en ten einde laas is ons eers ongeveer 14:30 by die vleisfees
OomFoerie sit ook daar rond en gesels.
Ek is so honger soos kan kom (al wat ek nog die saterdag gehad het was 'n babbelaas).
Ek en JnrBull besluit ons wil skaapkop eet, stoetie wil liewer drink en die ander manne eet sosaties, pofadderwors en dergelike vleiskossies
Ons bestel en dit sal so 40 minute neem om die koppe warm te maak.
Nou wag ons maar:
Dodo soek 'n hoeskolletjie wat sy sigaret gemis het...
Aaag str*nt man ;D
Ek het twee treilers en ek hou van in die middel sit.
Hier kom die kossies. Natuurlik vat JnrBull die grootste kop vir hom ;D
Hier is die begint
Ons sit op die grond en op die klippe, - Op dese aarde.
Ek maak gou 'n plan met vier papierborde om die koppie 'n rusplek te gee terwyl ek hom baasraak.
Net gou die onderbroek uit my hol kry en regskuif
My knipmes kry werk.
Sny al die los vleisies uit die wange, wikkel die tong los. Sny rondom die oogte en druk hulle van binne uit.
Nou kan 'n man mos eet.! Daarshy man. Lekker verby :drif:
Kyk hoe lekker kry die man dan nou...
Dis hoekom.
Ons word deur verskeie mense afgeneem en behoorlik dopgehou (die kos-ry loop reg agter ons verby)
Maar ek en JnrBull is op ons gelukkigste. Op onse sterte met 'n dop en 'n stukkie vleis. Ai lekker man...
En hier is die einde. (Waar's die hond)
Meeeeee. My naam was Cleo met die blou ribbekas. My pa was 'n mof en my nooi was dusty rusty.
Een hap van my sagte tongetjie en Heimer is 'n wolletjies-kop
----------
Dis dan dat. Ons gaan kyk later rugby en die pad terug na die Bash begin al verder voel soos ons watervlakke styg.
Daai teefskapie was so lekker verteer dat ek die aand sommer weer honger word en eet.
Ons slaap-plek vir die aand (koue storte en koshuisbeddens). Onverbeterlik
Die manne 'rev' lekker hulle snorkskoeters deur die nag. Party brand sommer hulle 'afterburners' ook. >
So word dit dag en ons val in die pad met die R355 terug huistoe.
Lekker gekuier.
So maak mens :thumleft: