Die hanslammer se einde. 'n Skaapkop eet by Calvinia

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Heimer

Bachelor Dog
Staff member
Global Moderator
Joined
Nov 4, 2007
Messages
14,759
Reaction score
1,179
Location
Stilbaai
Bike
BMW R1200GS
Die Saterdag van die Anvil Bash is ons deur Calvinia toe vir 'n vinnige informele Skaapkop gilde ete.

Om te gaan kop eet natuurlik.

Mof was gaaf genoeg om te reel dat die stalletjie vir ons 9 koppe te laat uithou. (lyk die ander honne wat daar kop gaan vra het is weggestuur).
Jammer manne en dames.

As Mof sy pad van en na die Anvil Bash beter gekies het, was ons dalk gouer op Calvinia, maar soos dit uitwerk het die uwe ge-tiep en sy 'airhose' uitgehaak, stoetie het papwiel gekry en ten einde laas is ons eers ongeveer 14:30 by die vleisfees

OomFoerie sit ook daar rond en gesels.

Ek is so honger soos kan kom (al wat ek nog die saterdag gehad het was 'n babbelaas).

Ek en JnrBull besluit ons wil skaapkop eet, stoetie wil liewer drink en die ander manne eet sosaties, pofadderwors en dergelike vleiskossies

Ons bestel en dit sal so 40 minute neem om die koppe warm te maak.

Nou wag ons maar:

DSC00572.jpg


DSC00571.jpg


Dodo soek 'n hoeskolletjie wat sy sigaret gemis het...
DSC00573.jpg


Aaag str*nt man  ;D
DSCF6500.jpg


Ek het twee treilers en ek hou van in die middel sit.
DSCF6502.jpg


Hier kom die kossies. Natuurlik vat JnrBull die grootste kop vir hom  ;D

DSC00567.jpg


Hier is die begint

Ons sit op die grond en op die klippe, - Op dese aarde.


DSC00568.jpg


Ek maak gou 'n plan met vier papierborde om die koppie 'n rusplek te gee terwyl ek hom baasraak.


DSCF6508.jpg


Net gou die onderbroek uit my hol kry en regskuif

DSCF6506.jpg


My knipmes kry werk.

Sny al die los vleisies uit die wange, wikkel die tong los. Sny rondom die oogte en druk hulle van binne uit.

Nou kan 'n man mos eet.!   Daarshy man. Lekker verby  :drif:

DSCF6512.jpg


Kyk hoe lekker kry die man dan nou...
DSCF6507.jpg


Dis hoekom.

DSCF6509.jpg


Ons word deur verskeie mense afgeneem en behoorlik dopgehou (die kos-ry loop reg agter ons verby)

Maar ek en JnrBull is op ons gelukkigste. Op onse sterte met 'n dop en 'n stukkie vleis. Ai lekker man...

DSCF6510.jpg


DSCF6511.jpg


En hier is die einde. (Waar's die hond)

DSC00569.jpg


Meeeeee. My naam was Cleo met die blou ribbekas. My pa was 'n mof en my nooi was dusty rusty.

Een hap van my sagte tongetjie en Heimer is 'n wolletjies-kop

DSC00570.jpg


----------

Dis dan dat. Ons gaan kyk later rugby en die pad terug na die Bash begin al verder voel soos ons watervlakke styg.

DSC00575.jpg


Daai teefskapie was so lekker verteer dat ek die aand sommer weer honger word en eet.

Ons slaap-plek vir die aand (koue storte en koshuisbeddens). Onverbeterlik

Die manne 'rev' lekker hulle snorkskoeters deur die nag. Party brand sommer hulle 'afterburners' ook.  >:D

DSCF6499.jpg


So word dit dag en ons val in die pad met die R355 terug huistoe.

Lekker gekuier.

So maak mens  :thumleft:


 
Top