Die motorfietsryer waai/groet/knik

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Namakwalander

Grey Hound
Joined
Nov 19, 2013
Messages
7,579
Reaction score
2,452
Location
Centurion
Bike
Honda XR250 Tornado
Elke keer as ek die lang pad aandurf met my gesin en ek gewaar n motorfiets in my truspieel, maak ek seker om oor te trek in die hoop dat ek daai "slow motion" waai of groet kan kry. Of selfs die kop knik. Ek weet nie hoekom nie, maar ek geniet dit vreeslik.

Sedert ek my eie fietsie gekry het oefen ek dit ook, maar glo nie ek doen dit so goed soos regte motorfietsryers nie.

So dankie vir almal van julle wat vir my waai of duim wys of knik. Ek sal steeds aanhou om vir julle uit te kyk en spasie te maak om verby te kom  :thumleft:
 
Top