Eerste dag trip op nuwe GS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

matt

Pack Dog
Joined
Jan 20, 2009
Messages
113
Reaction score
2
Location
Bloemfontein
Bike
BMW R1200GS Adventure
Hak Vrystaat

Hier volg my eerste trip report op my nuwe GS.

Van Bloemfontein uit by Ferreira`s op die grond langs die spoor tot in Edenburg. Kookwater grondpad baie wild langs die pad en mooi treine.

Edenburg tot op Jagersfontein grondpad tot net buite die dorp klein stukkie teer.
Lekker plat. Vrystaat plat.

Jagersfontein tot op Feuresmith teer pad.

Feuresmith tot op Koffiefontein baie lekker grondpad, net baie hekke oop maak.

Toe raak my pillion moeg en pa moet teerpad tot op Petrusburg.

Van daar tot by die De Brug stasie afdraai teer en toe weer lieflike grond om die weermag (Ou GDW opleidings gebied) seker nou iets soos Lovealot Mathlango opleidings gebied wie weet.

Van daar tot in Bloem op mooi grondpaaie.

Wel daar is dit. Ons het so 0700 begin en was so teen 1300 by die huis. Afstand so 380KM

Groete

Matt

 
Top