BLIKSEM!!
Pack Dog
Na ek my TA 600 al vir maande gehad het het ons na 'n hele paar zamas die Donderdag aand besluit om die volgende dag op 'n trip te gaan verby Brits en al die kanaale te volg by Roodekoppies dam. Ek en my useless tjommie met sy nuwe TA 700 het 08:30 Vrydag oggend van af PTA moot vertrek na die Engen by harties. Daar koffiie gedrink en vertrek na Sonop. Ons het amper n' FATAL gehad nadat hy beheer verloor het met die wegtrek, darem geen skade nie!! Die hele roete wag geplot op Google earth... maar oppad Sonop het ons al verdwaal. Ons het besluit om maar net te ry en sien waar ons op eindig! Ons het die R556 pad verby Sonop na Pilanesberg gevolge en by Modikwe die pad na Beestekraal gevat. Ek moet julle eers se dat ek nog nooit op 'n sand pad gery het nie.. die pad tussen modikwe en die Beestekraal pad is 12km van LOS rivier bed sand!! dit het my meer as 'n uur gevat! Daar na het ons 'n brunch by Beestekraal stasie ge-eet. Het gesien dat die WD alreeds daar was met al die graffiti teen die muur. Van af Beestekraal stasie het ons die kanaale gevolg tot Rashoop, deur Brits en toe 'n koue zama by upperdeck in harties gedrink. Ons het nie veel fotos geneem nie want jy dink nie rerig daaraan nie. Net 'n paar.. een van my eerste "water crossing" en een van die twee TA saam een 'n 87 model en een 'n 2008 model. Moerse lekker eerste trip!!!