Ek is nou stilweg vrek omgekrap...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ExploreSA

Race Dog
Joined
Jun 4, 2013
Messages
673
Reaction score
4
Location
Bapsfontein
Bike
BMW R1200GS Adventure
Is motorfietsry nie eerstens deur die manne vir die manne ontwikkel nie?

Is dit nie net reg dat die manne eerste hul fiets kry en die vroue dan later bykom met mooi woordjies en sagte warm boudjies om ook te kan fietsry nie?

Is dit nie dat die manne tog vóór ry en vroulief veilig agter volg nie?

Is die woorde hierbo tipies van 'n "Male Chauvinist Pig"?



Wel, ek weet nie maar vanoggend het Trudie haar LC aangpas en HY FIT SOOS 'N HANDSKOEN! Dem!!

Sy kry hom oor so'n paar dae. Net eers die panniers & crashbars gemonteer kry.
Verder het die blerrie fiets ALLES: speedocruze, fensie off-road settings, LED ligte en sommer 'n lae-suspensie (vir die hoogtegestremdes)




En ek moet maar tevrede wees met my 'ou' Triple Black GSA (Bobbejaanspas-veteraan  :bueller:)


Geniet hom my Liefie. Jy verdien elke kilometer wat jy gaan ry!!  :biggrin:
 
Top