HAPPY DAYS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Grasshopper

Pack Dog
Joined
Sep 6, 2014
Messages
294
Reaction score
0
Bike
Yamaha XT 660 Z
Vir maande wag ek vir die oproep van Helderberg................

Gedurende Oktogber was ek in n ongeluk betrokke met my bike  en ons het taamlik verslenter daarvan afgekom.

Ek het ribbes gebreek en my knie in sy tjops geval, die XT het erger gelyk.  Eks na die emergency unit en bike se kind na Helderberg.

Vanmiddag het ek die oproep ontvang, opgewonde, gelukkig en dankbaar het ek die foon neergesit.  Daar is nie n manier dat ek verder gaan werk nie.

Mank, mank loop ek na die baas en verduidelik dat ek dadelik dr toe moet gaan, want die pyn is nou te erg.

Jaag  na my huis, bel vriend vir lift, gryp stukkende Shark helmet en baadjie. Helderberg hier kom ek!!!!!!!

Op die rug van Grasshopper galop ek na my huis.  Ongelooflike gevoel, ek glimlag....

Dankie Helderberg, veral met julle geduld.
 
Top