Hello Wille Honde

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bazinga

Race Dog
Joined
Jun 14, 2013
Messages
511
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
KTM 690 Enduro
Wil myself sommer net bietjie voorstel.

Moet se ek was bly om van julle te hoor. Het nadat ek bietjie op die internet rond gesoek het gevoel asof ek die enigste een hier in Pta is wat bietjie avontuur soek. Het deur n vriend van n vriend van julle gehoor so die woord loop.

Het nou vir my weer n fiets gekry en moet se ek geniet dit gate uit. Sal dit nog meer geniet as mens net eers al die ekstras gekoop het want nou voel dit of mens net aanhou spandeer.

Het vir amper 9 jaar nie regtig gery nie, net so nou en dan saam n vriend op sy crf's gespeel maar nie genoeg om enige noemenswaardige selfvertroue te behou nie. So toe ek nou die naweek besluit het om bietjie ander kant Warmbad die wereld te gaan verken het ek met n skok agter gekom hoeveel ek weer moet leer, ha ha. Moes maar net vasbyt en hoop vir die beste toe ek die sand slaan,ha ha. Probeer maar soveel as moontlik ry om weer die vertroue op te tel.

Kan iemand my se wat die maksimum grootte van n foto kan wees wat ek wil oplaai want wou een op sit van net buite Rooiberg maar kon nie daarin slaag nie.

Ek geniet die forum en hoop om julle beter te leer ken.



 
Top