Hoe stop mens?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JacquesM

Race Dog
Joined
Jan 20, 2007
Messages
2,184
Reaction score
176
Location
Robertson
Bike
Yamaha TW200
Dis meestal met die groot skoeter wat dit pla.

Nou's dit ek, ma en 'n naweek se bagasie.

Ons kom na die robot toe aangery.

Die mense staan op die sypaadjie en jy kan sommer sien hulle wil allerhande op- en aanmerkings maak oor ek wat nie die skoeter kan "hêndel" nie.

Partykeer gaan dit ewe mooi. Man, hy stop op 'n tiekie. Ek trek die briek en hy maak niks trieks nie. Hy sê my voor die tyd watter voet ek moet uitsit en net nadat ek dit gedoen het kom hy grasieus tot stilstand en ek lyk dierbaar pro.

Anderkeer, wel, gaan dit moeiliker. Dit wil voel of die fiets vir homself dink (en dis anders as wat ek dink). Dit voel of ek so met die voete op die pad swemmend rondhol in 'n poging om hom regop te hou. Wanneer hy uiteindelik ophou voortbeweeg is ek flou gebaklei aan hom, en dankbaar dat hy nog regop is.

Hoe bring 'n ou 'n groot fiets tot stilstand by die robot dat dit lyk of hy vier wiele gehad het?

(Ek weet dis net ek wat sukkel, maar ek sal alle raad volg). ;)
 
Top