I nice upgrade!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
Right soos baie manne weet gaan ons Yamaha manne bietjie kuier Augustus :3some:. Ek moes bietjie voorbereiding doen want my yster het net 'n klein top box bracket en dit gaan nie deug nie. Ek het die ou XT se begasie rak gehad en bietjie gepas en gemeet en plekke gesoek om hom op die frame vas te maak. Het toe saterdag oggend begin deur my klein prinses wat in September arriveer se kamer te verf. So eertse laag is op en die garage wag. Het toe brackets gemaak uit 30X5mm flat bar en begin met die ombouing. Het toe die brackets op gesweis en bietjie gebuig, skoon gemaak en geverf. Right toe is die universal droog en ek kon die eerste laag kleur gaan op sit. Het middag ete gehad en moes toe mooi vra om net gou in die garage te gaan kla maak. Het toe die plastics weer op gesit en die flikkers en die brackets vas gesit. Ek dink die eintresultaat het nogal heel mooi uit gekom. moet nog net gate boor in die flat bar wat ek bo in gesit het en skroef draad sny, dan kan ek die top box bracket bo op vas bout vir hier in die dorp rond en as dit weer tyd raak om die stof te proe kan dit maklik weer af gehaal word. So al wat nog short is die nuwe kettang en sprockets en die tank bag en natuurlik 'n Goose Tube ;D
 

Attachments

  • bracket 1.jpg
    bracket 1.jpg
    373.9 KB · Views: 246
  • Bracket 2.jpg
    Bracket 2.jpg
    326.2 KB · Views: 253
  • Brackets 3.jpg
    Brackets 3.jpg
    405.1 KB · Views: 253
  • Bracket 4.jpg
    Bracket 4.jpg
    327.6 KB · Views: 251
Top