KTM'S & ALFA'S

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

African child

Pack Dog
Joined
Feb 10, 2009
Messages
219
Reaction score
0
Location
Highlands - Grabouw
Bike
KTM 690 Adventure
KTM's & ALFA's, ek het hierdie week agter gekom daars ooreenkomste...

Laat ek voor begin. Ek het besluit om vir my n lekker ligte fiets te kry na die Varadero. Na ure se vergelyking op papier het min of meer n idee gehad wat ek na wil kyk en met n paar fietse gaan ry.
Honda se Transalp, Yamaha se 660R, die nuwe 660 Tenere en KTM 640 Adv met 7000km op was op  die spyskaart.

So met my lisensie in my hand is ek by die huis weg met n klomp voorafopgestelde idees om n goeie ingeligte besluit te gaan maak. Die Honde was eerste, toe die 660R en nou my finale keuse iets wat ek inelk geval vooraf op besluit het die nuwe 660 Tenere. Kyk eindelik was die ander se toetsry maar net n formaliteit. n Mens kry mos nie elke dag die kans om soos n wafferse lanie by n handelaar in te stap met pond jou sak en erenstig te wees om nuwe wiele te koop nie. So is ek toe weg met die Tenere. Glad, solied, lekker lig, bietjie klein vir my lang lyf maar presies wat ek wou gehad het. Nes my Toyota's, ek kan dit sommer voel.

Soos ek wegry in die bakkie na die toetsrit kom ek agter, iets kort. Die Tenere was perfek maar ek het skielik n onsekerheid. Ek voel half leeg.....what ever jy kry net koue voete om die hard verdiende geldjies uit te gee man... vertel ek myself.  

So oppad huistoe besluit ek om maar tog die KTM te gaan ry. Heelonder aan my lys was die Oranje dierasie. Wiebrasie, duur onderdele en swak diens van die agente is ek wragtag nie voor lus nie! Maar what the hel. Stop toe in Somerset wes by die Scotse Oomie wat die KTM wil verkoop. Daar n paar klein merkies op die fiets maar hy't 7000km op en dis n Desember 2006 model...seker nie te bad nie. Ek klim op die Katoom en ry die pad af. Die wiebrasie is daar, tog nie te erg nie. Ek draai sy oor so bietjie en hy voel in vergelyking met die ander fietse soos n 800 of iets. Naby is n veldtjie, dieselfde plek wat ek n uur of wat gelede deur is met die Tenere. Wat is dit met die fiets ek kry hoendervleis? Die suspensie is soveel beter, tot die Tenere kom nie naby nie. Oppad Stellenbosch toe raak ek aan 130, die wiebrasies het verander aan iets anders. Iets lewendig. Die hele fiets praat met my, elke keer as ek daai oor draai... alles....my binneste begin borrel!

Oppad terug gee ek n gil van lekkerte in my helmet... op die Tenere was ek stil, soos in my Toyota.

My pa het my altyd vertel van Alfa's, hy is n Ford man. Hulle is onbetroubaar, duur en nie altyd die gemaklikste. Tog het hy gese, " As jy nog nie n Alfa gery het nie, kan jy nie werklik se, jy's n motorliefhebber nie." Alfa's doen iets aan jou, jy kan dit nie verduidelik nie en met al hulle gebreke het mense hulle nog altyd gekoop, want hulle het passie gehad... met jou siel gepraat.

Soos die KTM met myne.

Die Oranje Vuurpyl staan nou in my motorhuis.







 
Top