Lisensiegelde vir Off-road's

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duracell

Race Dog
Joined
Jul 14, 2009
Messages
908
Reaction score
0
Location
Lichtenburg
Bike
BMW R1200GS
Miskien kan die ander Honde my hier uithelp...... Ek kry nou 'n kennisgewing dat ek R162-00 + transaksiegelde verskuldig is op my Honda CRF250X off-road vir die nuwe jaar se lisensiegelde.  :dousing:

Laas jaar toe ek die fiets gekoop het, was daar net registrasiegelde (R92-00 as ek reg onthou) betaalbaar om die registrasiesertifikaat te kry en vir die bank in te gee. Ek sit met 'n lisensiepapier wat geen skyfie op het nie en wys R0-00 betaalbaar. Die kennisgewing wat ek nou kry wys die details van die fiets as "Honda CRF250X Off-road" sowel as "Not roadworthy". Dus na my mening moet ek geen lisensiegelde betaal nie - die off-road ry mos nie op die openbare paaie nie  :mwink:

By die lisensiekantore aangekom vertel hulle my dit is net 4-wiel motorfietse "quads" wat nie lisensiegelde betaal nie wat hulle mag nie op die openbare paaie ry nie. Ek moet betaal.  :dousing: Ek probeer verduidelik dat wat is die verskil tussen 'n quad wat nie op die pad mag ry nie en die "Off-road" wat ook nie op die openbare paaie mag ry nie, albei is mos onpadwaardig - Dus as die quad nie lisensiegelde hoef te betaal nie, hoef ek dit mos ook nie vir die off-road te betaal nie  ??? Die nuwe kassiere en die se opleier se reaksie "EISH - die masjen hy se djy moet pataal - as hy se djy moet pataal dan moet djy!!!!"  :deal:  :dousing:

Na 'n lang gesukkel (2 ure by die lisensiekantore) kry ek die "Cashier Controller" in die hande - Die enigste wit vrou wat nog in die lisensiekantore hier werk. Sy luister my storie uit en vra ek moet na 14:00 terugkom na haar toe.

Net na 14:00 is ek daar - Haar antwoord - Sy het met 'n persoon by provinsiaal gepraat, volgens hulle is dit net Quads wat vrygestel is van lisensiegelde  ::)  ::) Ek verduidelik weer van beide Quads en Off-roads wat albei nie padwaardig is nie en nie op openbare paaie mag ry nie. Sy begin die ooreenkoms insien en bel die Hoof-lisensiebeampte by provinsiaal  :eek:

Ek wag weer amper 'n uur en kry die volgende antwoord met 'n glimlag daarby  ;) "Julle moet meer druk op die ouens uitoefen! Ek het met die provinsiale hooflisensiebeampte gepraat, hy stem saam Quads en Off-roads moet dieselfde hanteer word - Dit sal op Nasionale vlak nou opgeneem word en dan moet die E-Natis stelsel gewysig word om Off-roads ook vry te stel"  :3some:

Of dit gedoen gaan word weet ek nie, maar ek voel asof ek 'n oorwinning oor die lisensiestelsel behaal het vandag. Ek het nie betaal vir die Off-road se lisensie nie, Mariaan sal terugkom na my toe. My kennisgewing moes ek by haar los dat sy die saak van tyd tot tyd kan opvolg. Kom ons kyk wat gebeur  :mwink:

As daar ander Honde is wat meer op hoogte is sal ek graag julle opinie wil hoor, as daar meer is wat ook kan gaan kla en die saak kan baklei om ons vry te kry van net nog 'n belasting sal dit ook al help  :thumleft:
 
Top