Meisie erg beseer in kwad-ongeluk

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rhod

Pack Dog
Joined
Mar 10, 2009
Messages
95
Reaction score
0
Location
Stellenbosch, Western Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
Meisie erg beseer in kwad-ongeluk

2009-09-16 08:36

Virginia Keppler

Johannesburg - ’n 14-jarige meisie van Modimolle (Nylstroom) is in die waakeenheid van ’n hospitaal nadat sy en ’n 13-jarige vriendin beseer is toe hulle van ’n kwadfiets geslinger is nadat dit ’n klip getref het.

Nie een van die twee het valhelms of enige ander beskermende drag aangehad nie.

Melissa Beytel, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Nylstroom, word in die Akasia-hospitaal, noord van Pretoria, behandel weens onder meer bloeding op die brein.

Sy het ook haar sleutelbeen, skedel en neus gebreek, het ’n lang, diep sny aan haar linkersy en haar linkeroog is erg geswel en blou. Verder het sy verskeie skrape oor haar lyf opgedoen.

André Beytel (46), haar pa, het gesê die meisies het Sondagmiddag op Melissa se Raptor 350 cc-kwadfiets gery. “Ek het vir haar die fiets gekoop nadat sy die derde plek behaal het tydens ’n karatekampioenskap in Los Angeles in 2005.”

Melissa het op die familieplaas van haar vriendin Chereese de Villiers in Vaalwater gekuier. Volgens Beytel het die meisies redelik vinnig op ’n grondpad op die plaas gery toe een van die kwadfiets se voorwiele ’n klip getref het.

“Met die impak is die meisies van die fiets af die lug in geslinger. ’n Egpaar, albei dokters, het net ná die ongeluk op hulle afgekom en hulle behandel totdat ’n ambulans opgedaag het,” het Beytel gesê.

Bonita de Villiers, Chereese se ma, het gesê haar dogter sterk sedert gister tuis aan. Sy het ’n gewrig gebreek en verskeie skrape opgedoen.

Beytel het gesê Melissa is onder verdowing en besef nie heeltemal wat om haar aangaan nie.

- Beeld

Ek dink dis hoog tyd dat ouers verantwoordelik hehou word vir hulle kinders se veiligheid. Ek glo dat so 'n ouer (en daar is baie van hulle) behoort strafregtelik vervolg te word. Dieselfde geld vir ouers wat hulle kinders on voorsitplek van kar laat staan, ens


 
Top