Mirrag

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

willieo

Pack Dog
Joined
Jan 12, 2011
Messages
168
Reaction score
4
Location
Eastern Cape
Bike
Yamaha Super Tenere
Dag sê wille honde. My naam is Willie en het al so een of twee keer gesels op die forum - sonder om myself voor te stel. Ek is al 'n "guest" vir die laaste 3 jaar.
Ek het in std 4 geleer bike ry op 'n XT500 en XT200. Hoërskool jare was dit maar my pa se CB750F (gesteelde tyd) en 'n IT200.
Ek en my familie was woonagtig in Engeland vir twee jaar en is nou 'n jaar weer terug in SA. Ek het in Skotland vir my 'n XT660R gekoop waarmee ek lekker getoer het in die VK en vroeër die jaar deur Botswana en Namibië lekker sand geëet het.
Verder het ek ook 'n 1976 CB400 Supersport maar kry nie tyd om die outjie te geniet nie, so ek sal hom binnekort in die mark sit. Oos-Kaap paaie is ook nie gemaak vir enige wiele kleiner as trekkers s'n nie!

Cheers
 
Top