mohlapitsi overnighter

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

malmens gerrit

Pack Dog
Joined
Jan 24, 2018
Messages
65
Reaction score
0
Location
tzaneen
Bike
BMW R1200GS Adventure
19 tot 22 Julie doen ons 'n oornag roete vanaf Tzaneen deur die Lekgalemetse reservaat en Mohlapitsi vallei.
Die beplanning is soos volg.

Vrydag middag / aand kom ons bymekaar by Oppie Oewer adventures  net buite Tzaneen. Aandete word bedien en die roete beplanning word bespreek.

Saterdag ogend na onbyt vertrek ons op 'n roete van 170 km tot by ons oornag punt in die Mohlapitsi vallei. Ons sal middag ete geniet in die vorm van 'n wors braai en hotdogs in die reservaat , waarna ons die berugte Orrie Baragwaneth pass af ry tot by ons oornag punt. Saterdag aand sal ons by die kamp terrein braai en kuier  en daar kan geswem word in die Mohlapitsi rivier.

Sondag ogend maak ons ontbyt , waarna ons die 23 rivier kruisings doen oppad na die wolkberg bewaar gebied. Ons kruis die pragtige Serala bewaring gebied en dan berg af terug na die lodge , waar ons oorslaap.

Maandag ogend eet ons ontbyt voor almal huiswaarts keer.

Daar gaan 'n ondersteunings voertuig saamry wat al die tente ,slaapgoed,  kos en drank saam neem. Geen bagasie hoef op die bikes saam te ry nie.

Saterdag se oggend roete is maklike grond pad met kort stukkies teer tussen in. Vanaf die middag ete word die roete moeiliker tot by die oornag punt.

Sondag se roete is ongeveer 100 km , en sluit in rivier kruisings , switchbacks erger as Sani pas , spoel slote , klipperige verspoelde twee spoor jeep tracks , en pragtige ongerepte berg omgewing.

Ingesluit is die volgende.
3 aande akkomodasie waarvan een aand in die vallei is. ( eie tent en slaap goed )
3 Aand etes
3 ontbyt
2 middag etes
Ondersteunings voertuig
Alle park en ingangs fooie
2 eksklusiewe roetes.
Bekwame begeleiding.

Kontak my direk vir deelname en meer info.
Gerrit 083 631 0939

Let wel. Die roete is slegs vir skilled ryers ,weens die moeilikheids graad daarvan. Kan gedoen word met Bmw 1200 ook , maar  moet fiks en skilled wees. Kleiner fietse vanaf 250 is welkom , en doen beter.
Brandstof reik afstand moet minstens 85 km wees, waarna extra brandstof op die ondersteunings voertuig saam gery kan word. Skoon 5 lt Kanne sal voorsien word vir die wat dit nodig gaan hê vir Sondag se rit. Bring 2 slag olie saam indien nodig.
 
Top