Motorfietsryer sterf in Vanderbijlpark-ongeluk

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MDT

Race Dog
Joined
May 7, 2010
Messages
983
Reaction score
0
Location
Stellenbosch
Bike
KTM 950 Adventure
Vanderbijlpark – ‘n Man in sy laat 40’s het gesterf en ‘n 23-jarige man het ernstige beserings opgedoen in ‘n ongeluk in Vanderbijlpark, het paramedici gesê.

Die twee mans was saam op die motorfiets toe hulle vermoedelik teen die kant van ‘n vragmotor gebots het, het Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder vir ER24, in ‘n verklaring gesê.

Jackson sê dit is onbekend wie die ongeluk veroorsaak het.

Paramedici het die ouer man op die toneel dood verklaar.

Die jonger man is op die toneel gestabiliseer en per helikopter na ‘n hospitaal geneem.

Die insittendes van die vragmotor is nie beseer nie.

Jackson sê die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.
 
Top