netben

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

netben

Puppy
Joined
Nov 29, 2012
Messages
11
Reaction score
0
Location
Centurion
Bike
BMW R1200GS
Ek geniet die forum sommer BAIE, ek het nie geweet hoe ek niks weet nie.

Ek het begin ry met Honda 50cc en toe later xr500, toe kry ek n' vrou en toe kry ek kinders en daar êrens op hou bike ry. Toe so 4 jaar terug koop ek n' GS650 want die DC bakkie het net te swaar op brandstof geraak. Ek het die BMW kursus by Swartkops gaan doen om weer oor te leer veilig ry. Ek val toe laas jaar hard net na ek in n' kar vas ry. Gelukkig vir my want toe kon ek die GS1200 kry. Ek commute so 60km per dag met die bike.Ons het nog net dagtrips gedoen en naweek Cullinen toe.

Nou beplan ons n' lang trip Kaap toe en terug. Ons (ek en die mevrou) ry Dinsdag Kestell toe om te kyk hoe werk die ding.

Ek verdrink in al die kennis op die forum...baie lekkerrr!
 
Top