Nuwe Capie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

karelmalan

Puppy
Joined
Mar 25, 2008
Messages
46
Reaction score
0
Location
Stellenbosch
Bike
BMW R1100GS
Hi menere (en dames),

Ek het die site verlede week by die werk ontdek en intussen 'n helse klomp trip reports en tech advies gelees.  Dis 'n wonderlike forum!

Ek's oorspronklik van George, maar bly die afgelope agt jaar of so in Stellenbosch.  Ek't my eerste bike gekoop vir R4000 in '03 - 'n 1979 Suzuki GT250 X7,  'n two-stroke!  Great bike gewees.

Intussen 'n '94 F650 Funduro gehad en nou 'n '97 1100GS met so 137k op.  Sy naam is Madala - "ou man".
 
Top