Nuwe d$@nner kry wind van voor : Welcome note

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Apr 28, 2009
Messages
241
Reaction score
0
Location
Ceres
Bike
NER-A-CAR
Môre kollegas , so lees ek die ewige debat oor die 1200 shocks al amper 'n week lank en besluit om die sakie in 'n ligte luim nog te stir met 'n comment (miskien ietwat arrogant, maar met geen onsmaaklike intensie) wat toe 'n paar ouens omkrap, as Newbie moet ek seker om verskoning vra, of ek moes 'n  :) bygesit het sodat die intensie duidelik was.

In elk geval, hier is ek nou en heel duidelik sommer van die start af nie almal se favourite nie. My naam is Eselbank omdat ek daar die 1e keer geval het, so ek is bereid om met my self ook te spot! Ek geniet dit om te sien hoe die manne debateer , maar ons moet seker die ligte kant van die sake ook kan sien?  ??? Aan SW en sy manne : julle het 'n unbelievable trip deur Afrika gedoen (ek het heelpad info gekry ivm julle vordering via 'n familielid & kollega in Ceres) en ek dink almal wat te veel erstige kommentaar het is dalk jaloers!

Nou ja toe, moer my verder met negatiewe kommentaar of vertel my van iets opwindend wat gebeur, vir die wat belagstel heg ek ons trip van die naweek aan (Ons ry Saterdagoggend 7h00 van Ceres en is Sondagmiddag terug)

Cheers

 

Attachments

  • 16 Mei trip.gdb
    52.6 KB · Views: 15
Top