Nuwe intekenaar

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Ritteltit

Puppy
Joined
Jan 14, 2011
Messages
22
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
BMW F650GS / Dakar
Hallo my naam is Hanlie.  Ek ry nou al so 'n jaar fiets.  Sukkel nog met draaie en grondpaaie, maar geniet dit verskriklik.
Het al 'n hele paar trippies saam met my man en vriende gedoen.  My eerste groot trip was 2010 se Buff.  Ons het via Nieu-Bethesda na Mosselbaai gery. Goeie balans van teerpad en grondpad gery.  In Prins Alfred pas (Knysna) het my lyf aan die ruk gegaan van die spanning (met 'n paar trane daarby).  Net daar het almal my RITTELTIT gedoop.  Volgende groot trip was na die Calvinia Vleisfees en het darem die Ouberg pas by Sutherland ook net net gemaak.  Het so twee trippies saam met Moto-Adventure ook al deurgemaak.  Sien jul op 2011 se Buff
 
Top