Nuwe Lid

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

hartebees

Pack Dog
Joined
Jul 8, 2019
Messages
271
Reaction score
577
Location
Somerset West
Bike
Yamaha T7
Dag almal.

Ek het in 2012 my eerste fiets gekoop, 'n 2009 KLR met 12,000km. Dit was nadat ek op die internet gelees en gekyk het hoe ouens op avonture gaan met motorfietse. Dit was in my tweede jaar van universiteit en my eerste voertuig.

Ek beskou dit as die beste besluit van my lewe om 'n bike te koop en het sedertdien al baie plekke gesien wat ek nooit sou kon doen sonder 'n motorfiets nie.

Omtrent 'n maand gelede het ek 'n meevallertjie gehad en toe kon ek vir my 'n 2014 BMW 1200 GSA met 35,000km aanskaf. Twee dae daarna het ek met dit gaan toer en sommer 2,000km gedoen oor die langnaweek. Dit is 'n ongelooflike fiets en my lus vir avontuur is van voor af terug.

Ek hou al baie jare lank die forum dop, tel wenke op ens. maar gaan probeer om in die vervolg bietjie meer aktief te wees.

Foto is gister geneem bokant Somerset-Wes.

Jaco du Plessis
 

Attachments

  • WhatsApp Image 2019-08-25 at 19.29.30.jpeg
    WhatsApp Image 2019-08-25 at 19.29.30.jpeg
    208.8 KB · Views: 78
Top