nuwe oukie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Travelbuddy

Pack Dog
Joined
Oct 26, 2011
Messages
481
Reaction score
14
Location
Roodepoort
Bike
BMW R1200GS Adventure
Goeiemore aan al die Wildehonne :bootyshake:

Ek het myself nog nie voorgestel nie maar gedink vandag is 'n goeie dag voor iemand my uit trap omdat ek nog nie het nie :-[

Ek is Charl Herbst en woon aan die Wes Rand - Ruimsig, hou al hierdie site dop sedert ek my eerste 1200 GS by Renier in Ficksburg gekoop het verlede jaar Augustus en moet se dis 'n awesome site en lag lekker vir die ouens en leer nogal so nou en dan ietsie :)

My eerste bike was 'n blou en wit RZ50 wat ek vir myself moes koop deur naweke in die portagese se supermark te gaan til slaan het, hom natuurlik nie lank gery voor ek hom op hoe spoed agter in 'n bakkie se gat vasgery het en ek wonderbaarlik vandag nog hier is om die storie te vertel - sedert daai dag nog nie weer 'n motorfiets besit nie tot verlede jaar :ricky:

Gedink aangesien ek nou ouer en wyser is as  drie en twintig jaar gelede het ek sommer in die diep kant ingespring en vir my 'n baie mooi silwer 1200 GS gekoop en asof die diep kant nie diep genoeg was nie sommer agt maande later Namibia gaan toer oor 9 dae met so bietjie grond pad hier en daar :)

Anyway, dis ek in 'n neutedop...

charl
 
Top