Old news or Not

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Martyn

Pack Dog
Joined
Dec 8, 2006
Messages
446
Reaction score
0
Location
Hartbeespoort
Bike
Honda XL1000V Varadero
This was sent to me over FB and is found it in an afrikaans digital magazine that has something to do with my bike?

KTM 1290 SUPER ADVENTURE: BEVESTIG VIR 2015!

“Meer krag, meer wringkrag, meer luukses, meer KTM.”

KTM het bevestig dat hulle vir die 2015-modeljaar sy reeks avontuurfietse gaan uitbrei met die byvoeging van die nuwe 1290 Super Adventure.

Die vervaardiger sê die 1290 sal nuwe dimensie en keuse bring vir diegene wat die absolute toppunt van luukse sport-avontuurry wil hê.

Die Super Adventure het ’n groter enjin vir meer krag en wringkrag en ’n “ongelooflike groot brandstoftenk beteken langer afstande voor dit nodig is om weer vol te maak”. Maar KTM gee nie meer inligting oor presies hoe ongelooflik groot die petroltenk is nie.

Soos met die 1190, sal die Super Adventure die nuwe motorfiets-stabiliteitsbeheer (MSC) hê. Die ABS en wieltolbeheerstelsel wat saam met Bosch ontwikkel is, staan aan die voorpunt van motorfietsveiligheid en het ’n hele reeks voorafverstellings om seker te maak geen ry-genot word ingeboet nie.

Verder sal die 1290 Super Adventure blykbaar verder ook “absolute unieke elektronies-ondersteunde ry-bystandstoerusting hê”.

Maar daar sal geen verdere detail bekendgemaak word voor die fiets op 30 September amptelik by die Intermot-skou in Köln in Duitsland bekendgestel word nie.

 

Attachments

  • ktm1290.jpg
    ktm1290.jpg
    39.8 KB · Views: 168
Top