Ons soeke na die reenboog

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
Nou ja as mens sestien jaar jou lewe met iemand spesiaal deel weet mens net dit kan net beter word. En die waarheid agter daai woorde het ek weer onlangs besef. Na baie voorbereiding en n gros veranderinge op die roete wat ons in gedagte het, breek die dag aan. Die fietse is gelaai en al die informasie van die roete op die geheue van die globale positionerings sisteem se geheue en n paar stukkies papier vasgelê. Dit is 04h00 in die oggend van die 26 ste Februarie 2016 en die alarm joedel ons wakker op die maat van My God is groot. Daar is n opgewondenheid gepaard met n bietjie kommer aangesien die ons eerste, hopenlik nie die laaste, van so n tipe avontuur is op ons eie. Die wolke lê dig oor die aarde en vir n oomblik kompenseer ons of ons nie dalk n week moet uitstel nie. Maar alles is in plek en die gemoed loop hoog en ons besluit om die naweek met geloof geduld liefde en knersende tande aan te pak. Ons het darm een reënjas tussen ons
 
Sluk gou n koppie koffie, groet die kinders wat by mense by goeie vriende van ons oorbly, en verruil die gemak van die hius vir die Fietse se saals. Vat die rigting oos op die N17 waar ons by Bethal sal uitdraai na Hendriena en Antiek Sjiek. Die luggie is koel, vogtig en vars. Die realiteid van ons avontuur sink in en die opgewondenheid borrel. Ons is reg vir enige iets. Op Bethal trek ons eers af vir n bene rek en n draai loop. Die koeligheid laat n mens se blaas krimp
 
Van Bethal vat ons die R38 na Hendriena waar ons 07h45 voor Antiek sjiek se hekke stop met die plan om daar te ontbyt.
 
Die hoop op ontbyt hier vervaag toe ons sien dat die hek is nog toe en dit lyk maar dood, maar op nadere inspeksie vind ons dat die slot oop is en die vlammetjie van hoop brand n bietjie helderder. Toe die ponie wat soos n hond vermom is en nog so blaf ook, tot ruste geroep word deur n diep stem wonder ons eers of ons nie dalk die ontbyt gaan word nie, maar na die vermomde ponie gebere is kom die persoon met n vriendeliker stem en ons word binne genooi. Die plek sal mens altyd verstom, en dis asof hulle elke keer nuwe goed het, of hulle verander net die uitstallings.. Ons bestel somme gou koffie en ek vat vir Monica op n toer deur die verlede. Die eienaarres doen ons n spesiale vergunning aangesien dit ons 16 huweliks herdenking is en speel vir ons n stukkie misuk op een van die opwen plate spelers, waarop ons n paar passies oefen om bietjie op te warm. Kry ook n arme siel wat lyk of hy vertroosting nodig het. Hy is seker n ou wat siek voel omdat hy nie n motorfiets ry nie en wens hy kon.
 
Ons loop toe so mooi ketetjie raak by die winkeltjie en skaf hom aan as aandeking aan die ons eerste van baie avonture. het eintlik my oog op so rooietjie gehad maar die kelnerin wou nie van hom afsien nie. Die ontbyt broodjie word gedeel aangesien die grote van die broodjie mens nie in staat stel om een alleen te eet nie. Ek probeer nog n laaste keer die kelnerin oortiug om my eerder die rooi keteltjie op die uitstaling te smous as die bruine maar sy wil nie byt nie. Sal jou nog kry keteltjie ,dink ek. Maar die bruine sal vir eers doen
Mage vol mik ons vir Carolina waarna die eintlike avontuur begin. Ons stop daar vir n bene rek en om die yster perde se olie na te gaan en mage vol te maak. Dit lyk nie sleg nie en dit wil lyk of dit dreig om oop te wil trek. Buite carolina trek ons eers af onder n groot akkerboom vir bietjie droë vleisies en koeldrank. Wou eers koffie maak maar die grondpad roep.
Die R36 lei ons uit Carolina uit vir omgeveer 25 km waar ons regs uit draai op n grond pad wat ons sal vat na die R451. Maar nie sonder insidente nie. Eers is dit n mooi twee spoor paadjie met fyn gruis en ferm ondersteuning, n droom voorwaar. Daarna begin ons klim en dit word n klipperige spul. Ek kyk gereeld terug in my spieel om seker te maak Monica is nog oppad. op n stadium sien ek sy het gestop. Ek sien die ysterperd se lig gaan af en sy spring vinnig af. Eerste gedagte is dat n by of een of ander gedroggie by haar baaitjie ingevlieg het. Sy is darm nie allergies vir enige iets van die aard nie. Ek draai gou die fiets om en ry na haar toe. Daar aangekom sê sy die ysterperd spuit haar met brandstof teen haar linker been. Begin toe ondersoek instel in daai omgewing en kry dat waar die brandstof pypie oor die kraantjie se pypie skiuf hy veweer het en oop gebars het.
 

Attachments

  • Keith & Monica 27022016 (95).JPG
    Keith & Monica 27022016 (95).JPG
    197.7 KB · Views: 445
  • Keith & Monica 27022016 (67).JPG
    Keith & Monica 27022016 (67).JPG
    204.1 KB · Views: 434
  • Keith & Monica 27022016 (63).jpg
    Keith & Monica 27022016 (63).jpg
    204.9 KB · Views: 431
  • Keith & Monica 27022016 (70).JPG
    Keith & Monica 27022016 (70).JPG
    198.5 KB · Views: 430
  • Keith & Monica 27022016 (66).JPG
    Keith & Monica 27022016 (66).JPG
    207.8 KB · Views: 431
Top