Sand oefening DR650

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

GaiasGuardian

Pack Dog
Joined
Jun 15, 2012
Messages
352
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Suzuki DR650
Ek het n awesome naweek gehaad! Die hele offroad ding is vir my taamlik nuut en ek gebruik elke kans wat ek kry om n stukkie grondpad ens. te ry waar ek kans kry, maak nie saak of dit 5 meter is tussen die huise deur of net n klein kolletjie gras of sand.

Ek het so week terug uiteindelik die guts bymekaar geskraap om die sandgat hier aan te pak. Het maar sukkel sukkel gegaan. Was seker so 10 min besig en EK WAS MOEG!! Bietjie minder rook en dalk squats begin doen!?

Was na dit weer so stukkie deur dit en toe gister het ek meer gemaklik begin voel. My mission is nou net om te oefen, want "seat time" werk regtig.

Anyway, ek het n videotjie gemaak, dis so bietjie meer as 2 minute as enige iemand wou kyk.

Tips is BAIE welkom, en onthou maar dis vir my nog baie nuut. Ek probeer so veel as moontlik opstaan en op kyk.

Ek spring uit my vel uit dat ek n bike het wat kan sand ry!

Watch "Suzuki Dr650 Sand practice" on YouTube - Suzuki Dr650 Sand practice: https://youtu.be/vUHDRPnojVo
 
Top