SORTED - Iemand met 'n bietjie tyd wat wil rondry? Gauteng na Mosselbaai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kobus Myburgh

Grey Hound
Joined
Nov 20, 2013
Messages
8,455
Reaction score
1,935
Location
George
Bike
KTM 640 Adventure
Indien ek regkom om my quad te verkoop, het ek die volgende deal op die tafel:

Quad op trailer moet na Mosselbaai omgewing gaan (afgelewer naby ChrisL - Dustriders) en met die terugkom moet meubels op die trailer gelaai word (swarthout tafel met 8 stoele en sideboard)

Dit gaan 'n stadige trippie wees so 'n afgetrede, goeie bestuurder sal great wees.

Die deal:

As ek die tyd gehad het, het ek dit self gedoen maar nou ja, dit gaan nie gebeur nie.
Jy ry in my voertuig (2005 Prado 4.0 petrol) (of jou eie as dit 'n sleep voertuig is - my bydrae bly dieselfde)
Jy sleep my trailer - platbak Mechter, hy is redelik groot en selfs klein bietjie wyer as die Prado, of ten minste net so wyd
Ek betaal 7km/l vir jou om 'n vakansie te gaan hou. Maw +-1,250km x 2 = 2,500/7 = 357.14 x 12.44 = R4,442.86. Res van verbruik is vir jou rekening.

Indien jy nie vir familie gaan kuier nie, kan jy hier gaan bly:

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=192485.msg3560637#msg3560637

Omdat jy my 'n guns doen, kan jy dit kry vir R300/dag.

Bogenoemde nog onderhewig aan die verkoop transaksie op die quad.

Moet ondervinding van sleep he en geen haastige, oppertunistiese jaagduiwels nie, nie dat dat daar enige ouens is wat jaag op die forum nie.

Indien jy weet van 'n ander geleentheid om bogenoemde te kan akkommodeer met alternatiewe vervoer, betaal ek steeds die R4,442.86. Dalk iemand wat vir die kleinkinders in Gauteng wil kom kuier en petrol geld soek.

Aanbod/versoek slegs geldig vir 'n Wilddog met goeie verwysings.


 
Top