suzuki rv 90

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

spaartekkies

Pack Dog
Joined
Jul 19, 2010
Messages
88
Reaction score
0
Bike
Honda XR500
Ek kan myself net nie help nie. Daar is vyf ander projekte wat nie klaar kom nie, maar as ek 'n klein vetwiel sien dan wil ek hom he!
Ek en 'n vriend het twee van die rv's op gumtree as 'n package deal gekoop. Altwee loop, maar my een het nie papiere nie.
Ek het net so voor donker met die twee bikes by hom gestop, en 3 sekondes later was die outjies van die bakkie af en vol petrol. Hy jy nou al twee groot mans mekaar sien dice in 'n woonbuurt op sulke klein bikes? Net een groot bol rook. Jy kan nou nog nie die smile van my gesig af kry nie!!! Bure het seker nie geweet wat om te dink nie.

Het vandag gou begin soek na parte. Jy kry nog die oorspronklike bande by suzuki, maar hulle kos R2650 elk. Dis meer as wat ek vir die bike betaal het! Het sommer aan die begin die kickstarter afgeskop(het later gesien hy was al geswys). Nuwe een is R950. Het solank iets wat sal pas by Ryans in Parow gekoop vir R100. Die lys groeie vinnig.
voor modderskerm + brackett
ignition + housing
kompleet agterlig met brackett
sidecover aan linkerkant
flikkerligte (die skroefdraad is nie dieselfde as die generiese ligte nie)
choke kabel
spieels
korrekte levers (clutch lever het choke ook op)

Ek gaan eers net probeer om hom  op die pad te kry, en alles kry om te werk.
Sal soos die tyd aangaan en fondse toelaat sal ek oorspronklike parte soek, en as ek alles het, sal ek hom strip. Vir nou wil ek net eers geniet, en hom so kry dat hy desember op die pad is, en kan saamgaan see toe.
 

Attachments

  • photo (3).JPG
    photo (3).JPG
    130.6 KB · Views: 155
Top