Top end 2009 530 XCW

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bossiekop

Pack Dog
Joined
Nov 21, 2010
Messages
221
Reaction score
0
Location
Durbanville
Bike
AJS (all models)
Okay, ek het nou raad nodig.

Ek het 'n baie mooi 2009 530 XCW.  Die ding het 24 uur opgehad toe ek dit laas jaar koop.  Alles was wel en het goed gegaan tot so 'n paar maande terug toe ek begin agter kom die fiets begin gebruik olie. 

Ek gaan 'n lang storie kort maak.

Ek het die fiets gevat vir KTM in Bloem.  Hulle het 'n nuwe piston en ringe ingesit, waarvoor hulle my nie gecharge het nie, want hulle het gesê ek moet eers kyk wat maak die fiets.  Ek is plaas toe met die ding vir die Desember vakansie, en hy het steeds heelwat olie gebruik.  Moet asb. nie vra hoeveel nie, en sê dat enige fiets bietie olie gebruik nie.  Dit is baie erger as dit.  So erg dat jy die olie ruik wanneer jy agter die bike ry.

Nou ja, ek vat hom terug na KTM.  Hulle se dan is daar net een ding oor om te doen.

Hulle moet die cilinder, saam met piston en ringe, al die seëls en gaskets vervang.  Kwotasie R 13,370.00.

Wat dink julle?

O ja, die bike het nou 60 ure op, en KTM SA wil nie help nie want hulle se die fiets is te oud.  Of dit is wat KTM in Bloem vir my sê KTM SA sê.

 
Top