- Joined
- Jun 24, 2012
- Messages
- 31,872
- Reaction score
- 8,196
- Location
- Slowveld
- Bike
- KTM 890 Adventure R Rally
Kort nadat ek my Husky 701 aanskaf, nooi Chopperpilot my om saam met hom en die ander oumense eepwall: van die Husky clan te gaan ry in Limpopo. Ek sê natuurlik "JA" sonder om te aarsel en na weke se gewag en bollie praat op ons WhatsApp groepie breek die groot naweek aan. Vrydagoggend moet ek nog 'n paar tande boor, maar net na 12 uur tel ek vir Chopperpilot en sy Husky 610 by sy huis op.