Wat weeg jou gereedskapstel?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,680
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek het vanoggend gou die 660 se ketting gestel en aangesien dit volgende naweek my eerste oornag stofrit EC Bash toe gaan wees, gebruik ek my gereedskapstel wat ek altyd saamry.  Sommer vir die interessantheid weeg ek hom: 4kg. 

Ek is al 'n paar keer so tong in die kies hier gevra hoekom pak is so swaar vir 'n dagrit ;D

Saam daai gereedskapstel dra ek 3 "tyre levers" (2 kortes en 'n lange), 'n kan Tyreweld, 'n klein fietspomp, 2 spaar binnebande, 'n baie klein noodhulptassie en dis dit.

Ek wil nou nie vra of ry ek té veel saam nie want die stel werk vir my maar wat ry julle op 'n rit alles saam?

9d06019cd0a63a61333264479cdbda99.jpg


In die sakkies weerskante van daai rol is (regs) sockets en allensleutels en (links) 4 x windbomme met hulle wentielkoppelaar, patch 'n solution, 'n rol isolasieband en 'n handvol kabelbinders (cableties).
 
Top