XT 660 R won't start - advice please - FIXED

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 27, 2014
Messages
283
Reaction score
18
Location
Irene, Pretoria
Bike
Yamaha XT660
Goeie middag Dawgs

So my XT het begin rukkerig ry, veral op lae spoed, sodra mens 'n konstante versnelling het dan was daar geen probleem, maar ek wou ook nie konstant 125km/h ry nie.  Soos as ek weggetrek het, dan was daar eers 'n moerse rukkerigheid, soos fuel starvation.

Ek het vir Yamaha gebel en gevra wat moontlik kon fout wees, hierdie was hul reply:

1.  Fuel pomp, maar hoogs onwaarskynlik - nuwe ene R6500
2.  Trottle body
3. Throttle body sensor

So toe strip ek die tank af, drain die pertrol, en maak die fuel pomp oop, moerse vuil gewees, goed skoon gemaak met carb cleaner.  Ek het ook my petrol tank geflush met klein bietjie soutsuur en water, aangesien my tank se lining nie meer 100% is nie,dus al die moontlike roes stukkies af te haal, daarna met seep water gewas, laat droog, bietjie petrol ingegooi en met 'n klein proppie vol 2 stroke, net om die tank aan die binne kant te lube om roes te voorkom.  

Alles weer assemble, aanmekaar geslaan en... niks start nie, gelusiter dat die fuel pomp loop as mens ignition aansluit, dis alles reg, injector skoon gemaak en gekyk dat hy spuit, alles reg, spark plug skoon gemaak en gekyk vir fonk, alles reg, sommer ook die spark plug vervang.

So nou weet ek nie meer nie, battery is 100% en permanent op 'n optimate sodat terwyl ek die engin so baie crank die battery nie CCA verloor nie.  Ek het gevind dat as ek my 'vet'/throttle oop draai terwyl ek hom probeer start en dan daarna net die start knoppie druk, dan vat die bike vir so 3 sekondes, maar as ek dit nie doen nie, absoluut geen start.  Dit se vir my daar kom nie brandstof deur nie??

Help asb

Ook net 'n ander vraag, want ek hoop en glo ek het darem nie my fuel pomp opgefok nie, as mens brandstof in die tank het, en mens haal hom af, is die petrol suppose om onder uit te loop? Ek sou dink aangesien dit deur 'n fulel pomp gaan, die petrol net sal uitloop as hy krag op hom het?

Raad en advies sal opreg waardeer word.

Groete
Mat
 
Top