Ek het nog dieselfde blonde vrou
Ek is so bly, hou haar!!

My ervaring van Brahmane is Nam was meestal negatief veral in die areas waar daar baie haak en steek is soos in die noorde.
Een sondag oggend sukkel ons ons vrek om bees te laai op die Maroelaboompad oos van Grootfontein. Die manga is al flenters en die manne maak reg met draad en tang. Ek vra later die oom wie se bees dit is " oom boer jy met bees of wild"?!! Hy het glad nie gedink ek is snaaks.
Dan laai mens by n ou soos Dirk Mudge. Krale is heel en bees is rustig, want hulle werk baie met hulle.
Ek let op by die plaaslike veeveilings dat die Borans ook n helse humeur aan hulle het. Smaak my die Boran en Brahmane het baie gevegslus in daai boggels!!
