Kyk as n ou Brahman koei wat weet sy gaan nou hondekos word besluit sy klim nie op daai lorrie nie is jy in vir n sukkel.
As sy eers gesnork het, is jou sukkel gebook.
Ek laai eenslag so n 24 maande jongspan rooi Brahmane naby waar Betta kampterrein vandag is.
Ons sukkel vanaf 10 uur die oggend tot middag 4 uur om twee lorries met treilers te laai.
Hoekom die oom sy manga in n rivier bedding moes bou weet ook net hy.
Ons kon net lorrie op n slag laai dan sit jy vas word uitgetrek met die cruiser en dan hardepad toe om oor te laai op die ander lorrie en twee treilers.
Dan lê City Deep hel vér as jy heeldag so gesukkel het.
