7 dae 7 nagte (26 Dec - 2 Jan 2016)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Probie

Race Dog
Joined
Dec 29, 2009
Messages
1,333
Reaction score
13
Location
Groot-Brak
Bike
AJS (all models)
Hallo Julle

Ons het bietjie hulp nodig......

Wel kom ek gee so bietjie agtergrond sodat almal bietjie beter verstaan. Als het soos volg gebeur.

Ek bel bietjie vir Bernard my ou vriend om te hoor hoe dit gaan. Ek noem so terloops dat ons trip van laas jaar om Lesotho nogal lekker was en dat ons weer so iets moet reel. 4 Sinne later toe besluit ons, ok goed, die trip begin die 26 Desember en ons moet net 2 Januarie terug wees want Bernard se vroutjie wil 3 Januarie op vakansie ry. So daar is tyd vir fietse en die oop pad vir 7 dae en 7 nagte. Ek noem toe so vir Bernard dat ek so klein probleempie het met die hele gedoente. Pappa moet nog 'n fiets kry want al wat in die garage staan is 'n XR150L wat nie lekker gaan werk nie. So word daar vir my gese jy sal bitter vining met mamma moet gesels sodat jy wiele kan kry ander sal ek jou moet lift hierdie trip. Ek sal nou nie presies die woorde gebruik wat ek op die foon gese het nie, maar dit sal verseker die donderdagse dag wees. Ek saam met 'n ander man op 'n fiets. Dit gaan nie werk nie. Ek ry dan eerder met die 150. Maar dit is nie die grootste problem nieDie laaste paar woorde van ons gesprek het gegaan oor die roete en daar is gese vir my dat ek mos maar altyd die roete beplan. Lekker slaap bye.

So ja ouens, het julle vir my enige idees vir 'n lekker trip wat baie grond insluit, hier en daar kamp en miskien oorslaap in 'n BB. Mens kan mos nie die heeltyd op die grond slaap van jou tent nie. Maar as dit moet dan moet ons. Moet darem die see ook sien so vir 'n dag dink ek.

Ons trip sal in Bloemfontein begin en weer daar eindig.

Vrek ouens, julle moet nou regtig help want ek weet nie waarheen nie en die tyd is min en ek moet nog bike soek.

Groete Probie  :thumleft:
 
Top