Another newbie has arrived

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tokkie

Pack Dog
Joined
Aug 3, 2010
Messages
93
Reaction score
0
Location
JEFFREYS BAY
Bike
AJS (all models)
:thumleft: Hallo almal, noem my maar Snoopy, dis mos die oulike woef met die laaang swart ore en die bril. Nouja, kom ek vertel julle hoekom ek aangesluit het. Julle forum rock. Ek lees, lag, en huil partykeer tot die son opkom terwyl ek deur als blaai. Ek't al gewonder 'wat sal mense dink' as hulle hoor hoe lag ek vir julle segoed.    :imaposer: Maar op 'n meer ernstiger nood:
Ek ry nie self bike nie, maar het al 'n paar keer saam met Skipskop (my man) gery. Ek was in 'n ernstige motorfiets ongeluk in 1969. Twee motorfietse het in mekaar vasgery by 'n kruising met geen stopstraate. Ek was vir 18 dae bewusteloos met veelvoudige breuke. Toe ek my bewussyn herwin kon ek nie beweeg nie. Hulle het weer xtrale geneem en sien toe al die breuke, waarna hulle my deur gevat het teater toe. Al die gebreekte goed is weer herstel en in plek gesit. Nouja die xtrale het gewys; Gebreekte been onder regter voet, regter knie, gekraakte heup, ysbene, onderste 3x werwels, kakebeen onder links, kopbeen agter. Wel ek was 'n wrak, so  te se. Die spesialiste het vir my ouers javascript:replaceText(' :\'(', document.forms.postmodify.message); gese terwyl ek bewusteloos was, "jammer, ons glo nie sy sal dit maak nie".  Ek was maar 15 jaar jonk, (op die clever stadium) ne. Die gesegde se mos; wie nie hoor nie moet voel! Wel ek het 'n BEHOORLIKE dosis daarvan gehad!! Bygese: vandag sit ek met die gevolge, hoe ouer ek word hoe meer voel ek dit.  ??? ;D

November 2002 terwyl ons met vakansie was kon ek nie van die bank 'sonder hulp' opstaan nie  :eek: Skipskop het my na 'n Neurochirurg toe gevat in Pta. Waar dit toe in 'n groot rug operasie  geeindig het. Ek't 2x laaang penne, 10x laaang skroewe (die hardware was uit voorraad vir kort skroewe) jaaa hoor, 'n Plaat in onderrug, het been uit my heup gehaal om kussings tussen onderste werwels op te bou, en gefuse. Het lank gevat maar goed herstel na operasie. Ervaar nog met rukke/tye heelwat pyn en soms ook spasmas in my rug.
Is net baie dankbaar dat ek kan loop en als doen wat nodig is sonder hulp. Dit is hoekom ek nie bike ry nie, die hart wil... maar die lyfie willie,  :'(  maar ek bestuur nog, en gaan met graagte saam na bike byeenkomste toe.
 
Top